Langenhoven Gimnasium Atletiekuitslae 2022
ADVERTISEMENT
5 Van Langenhoven Gimnasium se atlete het aan die Wes-Kaap atletiek byeenkoms in Paarl deel geneem vanaf 3 – 5 Maart 2022. Die byeenkoms het slegs die top atlete van die 3 unies in die Wes-Kaap uit genooi om teen die beste atlete van SWD, Boland en Westelike Provinsie meet te ding. Ons skool se atlete het besonders goed gevaar.
- Amé Pretorius – 3de plek (brons medalje); 800m
- Mari Pretorius – 3de plek (brons medalje); Hoogspring
- Mia van der Westhuisen – 5de plek; 100m Hekkies
- William van Tonder – 6de plek; 3000m
- Marlie Ellis – 7de, 8ste en ‘n 9deplek; diskusgooi, gewigstoot en hammergooi.
Baie geluk aan Amé Pretorius wat vir die Wes-Kaap Atletiekspan gekies is om aan die SA-Skolekampioenskappe te gaan deelneem.

Wes-Kaap Atletiek
Kleure-Atletiek 2022
- Senior Victrix Ludorum: Amé Pretorius
- Senior Victor Ludorum: Tyron-Lee Andries
- Junior Victrix Ludorum: Lené de Kock
- Junior Victor Ludorum: Farrel-leigh Dido

Timbercity 2022 Sake-Aflos
Welgedaan aan die Gimmie-span wat uitstekend presteer het.
- Gemengde span (drie seuns en drie dogters): 1ste plek in afdeling en algeheel 1ste plek.
- Dogterspan (ses dogters): 1ste plek
- Seunspan (ses seuns): 2de plek










