Hoërskool Ermelo is Interhoër naaswenners
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo is Interhoër-naaswenners! Die Interhoër van 2024 wat te Hoër Volkskool Heidelberg aangebied is, was ’n reuse sukses vir die Erries. Nie net het die atlete uitstekende atletiek gelewer en met goeie uitslae weggestap nie, maar die gees, dissipline en styl van Hoërskool Ermelo se leerders was opmerklik. In totaal het die Errie-atlete 29 goue medaljes, 19 silwer en 20 brons medaljes ontvang. Algeheel eindig Hoërskool Ermelo tweede uit die agt deelnemende skole: Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Ermelo, Hoër Volkskool Heidelberg, Hoërskool Rob Ferreira, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Middelburg Hoërskool, HTS Witbank en Hoërskool Oosterland. Die Erries se dogterspan eindig as wenners vir die dag en die individuele pryse is as volg:
Luan Greyling en Francois Homan
Kryn Romijn
Mia Davel en Kryn Romijn met hul trofeë
- Liané Cilliers ontvang die trofee vir beste junior langafstand dogter vir haar 800m met ’n tyd van 2:28:31.
- Mia Davel ontvang die toekenning vir die beste senior spronge dogter in hoogspring met ’n hoogte van 1.7m. Sy word ook aangewys as senior Victrix Ludorum.
- Esmari Kloppers word aangewys as beste senior langafstand dogter vir die 3000m met ’n tyd van 11:49:69.
- Elizma Swart is die dag se beste senior worpe (dogter) vir gewigstoot. Sy verbeter die rekord van 12.53 na 13.63m.
- Mnqobi Mabuza is aangewys as die beste junior langafstand seun vir 3000m. Hy verbeter die rekord van 10:11:80 na 9:43:22.
- Kryn Romijn ontvang die toekenning vir die beste senior naelloper seun vir sy 400m met ’n tyd van 48:50. Hy is ook aangewys as die senior Victor Ludorum.
Die geleentheid was vir die Erries van onskatbare waarde en ons dank gaan uit aan elke afrigter en atleet wat deur die seisoen voluit gewerk het om hierdie prestasies te kon bereik. Nie deur krag nie, maar deur deug!
Die Errie-atlete tydens die optog
Liané Cilliers
Elizma Swart










