Hoërskool Eldorainge se toneelseisoen eindig op ‘n hoogtepunt
ADVERTISEMENT
En so kom nóg ‘n heerlike, besige en opwindende toneelseisoen tot ‘n einde. Hoërskool Eldorainge se 2025-reis is weer gekenmerk deur lang ure en harde werk, baie lag, te veel McDonalds, asemrowende oomblikke op die verhoog en besonderse toekennings. Die skaaf van talent, bou van nuwe vaardighede en vriendskappe wat ʼn leeftyd sal hou, is alles deel van hierdie reis. Op hierdie reis neem ons slegs aan nasionale kompetisies deel en tussen die hope goud, silwer en brons sertifikate is daar heelwat uitstaande wenne wat ons huis toe gebring het. Hier is maar net ʼn paar:
Ysbrekende Nuus wen Beste Toneel in die kategorie Ander by die Allegretto Ken Gampu streeksfinaal.
Ek wil saam met die voëls swem en die visse vlieg wen Beste Toneel in die kategorie Ander asook Beste Slegs Leerder Produksie by die Allegretto Eldo streeksfinaal.
Wanneer Kraaie Krys word bekroon as een van die Top 12 tonele van 2025 by Pronk Podium semi-finaal.
Ons is trots op elkeen van hierdie tonele en wil ook ʼn paar leerder uitlig vir hul besonderse prestasies:
- Matias Beetge, Gr.12 – wen Beste Akteur by Reza De Wet Toneelfees en ook by die Allegretto Eldo streeksfinaal.
- Heinrich Vorster, Gr.11 – wen Beste Akteur in ondersteunende rol by die ATKV Gautengstreek 4 en die Allegretto Eldo streeksfinaal.
- Suné van der Merwe, Gr.11 – wen Beste Verhoogbestuurder by die ATKV Gautengstreek 4
- Megan Joubert, Gr.11 – wen Beste Beligtingsoperateur by die ATKV Gautengstreek 3
- Lisa Paynter, Gr.10 – wen Beste Klankoperateur by die Allegretto Eldo streeksfinaal.

ATKV Gauteng Streeksfees 4 Finaal

Ek wil saam met voels vlieg…Toneel 2

Ysbrekende Nuus – Toneel

Suné van der Merwe

Heinrich Vorster

Megan Joubert

Matias Beetge

Lisa Paynter









