Paul Roos Gimnasium neem deel aan die Pronk Podium Toneelfees
ADVERTISEMENT
Paul Roos se produksie, Raap, onder leiding van meneer Nelson en Juffrou Caine het op 24 Julie aan die Wes-Kaapse uitdunronde van die nasionale Pronk Podium Toneelfees by Hoërskool Durbanville deelgeneem. Raap is as een van die topvier produksies in die Wes-Kaap aangewys en het op 25 Julie aan die semifinale ronde deelgeneem. Die nasionale finaliste word later vanjaar bekend gemaak. Raap het die volgende toekennings ontvang: 4 goud, 13 silwer en 6 brons.









