[Onderhoud] Hoërskool Bellville Seunshokkie Eerstespankaptein – Zak Grobbelaar
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Hoërskool Bellville en DF Malan hier.Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met Zak Grobbelaar, Seunshokkie Eerstespankaptein van Hoërskool Bellville te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoefening gefokus? Ons het oefeninge gedoen waar jy spanwerk en fiksheid in een doen. Ons het baie gehardloop teen mekaar, vir mekaar en saam met mekaar.
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Ons sterkste punt is definitief die samewerking onder mekaar en as span, en ons gees is bitter goed.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei? Dit is ‘n eer en voorreg om die span te lei waarvoor baie mense droom om voor te speel. Dit beteken die wereld vir my en ek sal alles in my vermoëns doen om die span tot groot hoogtepunte te lei.
Het jul skool `n groot hokkiekultuur en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Ja, ons het ‘n groot kultuur en dit groei met elkejaar al hoe meer en groter. Dit is lekker om middae te oefen terwyl die graad 8’s met groot oë na ons staar. Die jonger kinders word gemotiveer om harder te werk en kyk op na die eerstespanne. Dit is een van die dinge wat my geinspireer het om hard te werk en nooit optegee nie.
Wat wil julle as `n span in 2025 bereik? Ons wil graag ‘n span van gees, trots en tradisie uitbeeld vir die skool. Ons wil geskiedenis maak en n merk los in Bellville.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir jul die spesiaalste en hoekom? Die interskole wedstryd teen DF Malan is vir ons die grootste wedstryd van die jaar. Die Kaapstad Internasionale Toernooi die grootste een waarin ons deelneem en geniet. Dit is ook vir ons lekker voorbereiding aangesien dit ‘n net ‘n paar weke voor ons groot interskole wedstryd plaasvind wat goed is vir ons voorbereiding.
Is daar ‘n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed? Jip Jansen , hy speel dieselfde posisie as ek en ons het dieselfde rol in ‘n hokkiespan. Ek het geleer om ordentlik te verdedig en te ‘dragflick’ deur sy sosiale media platforms. Hy is ‘n groot inspirasie en ek wens om hom eendag te ontmoet.
Zak Grobbelaar
Ons het ook met die afrigter van dié span, (Kobus Snyman & Reinhardt Lourens ) gesels:
Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Ek en coach Kobus het hierdie jaar hard gewerk om ‘n nuwe kultuur by die eerstespan te skep. Met hierdie nuwe kultuur kan julle verwag dat die seuns hulle alles sal gee. Hulle gaan die wedstryd vir mekaar speel en as die eindfluitjie blaas, weet ek los hulle alles op die veld.
Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (physically and mentally) Ons fokus op ‘n goeie balans tussen liggaamlike voorbereiding en “mental-sharpness”. Fisies werk ons om ons fiksheid te behou, spelpatrone en basiese tegnieke so perfek as moontlik te kry, sodat spelers selfvertroue kry in wat hulle doen. Mentally praat ons oor spanvertroue, discipline en die hantering van druk. Elke speller moet glo dat hy die rol in die span volstaan en onthou dat die span sterker is as die individu.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons grootste krag lê in ons samehorigheid en span-gees. Die spelers vertrou mekaar, speel vir mekaar en daar is ‘n sterk gevoel van trots om die skool te verteenwoordig. Dit maak da tons nooit moed verloor nie, al is die situasie moeilik.
Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? Cliché, ek weet, maar die persoon wat die grootste invloed op my as afrigter gehad het is Rassie Erasmus. Sy leierskap, kreatiewe denke en vermoë om spelers te inspirer het my geleer dat afrigting nie net oor taktiek gaan nie, maar ook oor die mense verstaan en hulle beste na vore bring. Ek kyk regtig op nah om vir sy passie en sy manier om Suid-Afrikaanse rugby op ‘n unieke manier te lei.
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan/veld hardloop? Ons herinner hulle van watter voorreg dit is om die hokkietrui te dra en vir jou skool te verteenwoordig. Hulle moet die wedstryd geniet, vir mekaar te speel en hul alles te gee. Jy kry net soveel uit ‘n wedstryd soos wat jy insit. Moed, trots en respek is key.










