[Onderhoud] Hoërskool DF Malan Seunshokkie Eerstespankaptein – Jean Coetzee
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Hoërskool Bellville en DF Malan hier.Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met Jean Coetzee, Seunshokkie Eerstespankaptein van Hoërskool DF Malan te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Ons span se gees is uitmuntend en ons fiksheid is goed. Ons het ook goeie interpersoonlike verhoudings met mekaar.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei? Dit is ‘n absolute voorreg, ek het as ‘n nuweling gedroom dat ek eendag die span kan verteenwoordig as ‘n kaptein.
Het jul skool `n groot hokkiekultuur en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Ja, die skool het ‘n groot hokkiekultuur, dus is dit vir ons belangrik om sukses te behaal op die veld en sodoende ons skool trots te maak.
Wat wil julle as `n span in 2025 bereik? Ons wil graag in die premierliga bly sodat volgende jaar se span ook in daardie liga kan speel. Om Interskole te wen is natuurlik ook iets wat ons wil bereik, want dit definieer hoe suksesvol die seisoen was.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir jul die spesiaalste en hoekom? Interskole sal altyd die spesiaalste bly, die massas wat ondersteun en ‘n hele week se geesvang voor die wedstryd maak dit ‘n belangrike en onvergeetlike wedstryd
Is daar ‘n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed? Rafael Nadal is my rolmodel en hy het my geleer om deursettingsvermoë te hê ten spyte van die omstandighede. Hy het my ook geleer om aan te beweeg as ek ‘n fout maak en nie daarop te “dwell” nie.
Jean Coetzee
Ons het ook met die afrigter van dié span, (Kent Kakora) gesels:
What can the school and parents expect from your team this Interschools? The team will play to their full potential.
How does your team prepare in the week leading up to a big game such as this weekend against (opponent)? The training program will stay the same as throughout the year. There will be a guest speaker to address the team on the Wednesday before Interschools. We will have multiple chats about Interschool the week leading up to the game.
Where would you say your strengths lies this year? We can score goals. We just need to stay focused.
Who has had the greatest influence on you as a coach in your life? Is there someone you look up to? I have had multiple amazing coaches. They all played a part in my life and have shaped the person\coach I am today.
What message do you convey to your team just before they run on the field? The last words I leave with the team would be to have FUN.










