[Onderhoud] Hoërskool DF Malan Seunshokkie Eerstespankaptein – Dihan van Taak
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Hoërskool Bellville en DF Malan hier.Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met Dihan van Taak, Seunshokkie Eerstespankaptein van Hoërskool DF Malan te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Een van ons sterkpunte hierdie jaar is dat almal mekaar ken op n persoonlike vlak. Ons verhoudinge met mekaar eindig nie wanneer ons van die veld afstap nie. Dit help ons om mekaar beter te leer ken en te verseker dat ons goed saamwerk.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei? Dit is n voorreg en n droom wat waargekom het om die skool se eerste hokkiespan te lei. Dit het my die geleentheid gegee om n kultuur en span te skep waarop DF kan trots wees
Het jul skool `n groot hokkiekultuur en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Ja, DF het nog altyd n passie vir hokkie gehad. Een van my gunsteling dele van DF hokkie is om te luister hoe DF leerders die hokkie ondersteun op vrydae aande. Om sukses te behaal is belangrik vir ons span. Ons almal wil onsself bewys en erkenning kry vir ons harde werk.
Wat wil julle as `n span in 2025 bereik? Dit is vir ons belangrik om goed te presteer op ons hokkie toernooi in bloemfontein. Dit is n goeie geleentheid om deursettingsvermoe te bewys en verhoudinge te bou.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir jul die spesiaalste en hoekom?
Interskole teen Bellville is die spesiaalste wedstryd van die jaar. Die hele skool kom kyk en verwag n wen. Dit forseer ons om te presteer onder druk en maak die hele wedstryd opwindend. Dit is defnitief n wedstryd wat ek vir altyd sal onthou.
Is daar ‘n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed?
‘n Hokkiespeler na wie ek opkyk is my mede kaptein, Jean Coetzee. Hy forseer my om myself te druk en heeltyd te verbeter. Die grootste aspek van sy spel waarna ek streef is sy konsekwentheid.
Dihan van Taak
Ons het ook met die afrigter van dié span, (Kent Kakora) gesels:
What can the school and parents expect from your team this Interschools? The team will play to their full potential.
How does your team prepare in the week leading up to a big game such as this weekend against (opponent)? The training program will stay the same as throughout the year. There will be a guest speaker to address the team on the Wednesday before Interschools. We will have multiple chats about Interschool the week leading up to the game.
Where would you say your strengths lies this year? We can score goals. We just need to stay focused.
Who has had the greatest influence on you as a coach in your life? Is there someone you look up to? I have had multiple amazing coaches. They all played a part in my life and have shaped the person\coach I am today.
What message do you convey to your team just before they run on the field? The last words I leave with the team would be to have FUN.










