[Onderhoud] Hoërskool Bellville Dogtershokkie Eerstespankaptein – Luandri Engelbrecht
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Hoërskool Bellville en DF Malan hier.Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met Luandri Engelbrecht, Dogtershokkie Eerstespankaptein van Hoërskool Bellville te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoefening gefokus? Ons het gefokus op ‘n mengsel van uithouvermoë, spoed en om saam as ‘n eenheid te funksioneer. Die span het oefeninge gedoen wat spesifiek daarop gemis was om die fiksheid en basiese vaardighede van ons spelers te verbeter, sowel as om op video ananalises van ons vorige wedstryde te fokus sodat ons ‘n beter begrip kon kry van wat van ons verwag word op die veld gedurende wedstryd situasies.
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Een van ons groot sterkpunte is die span se chemie en samewerking tussen mekaar op die veld. Ons is het baie diepte in die span en het ‘n groot hoeveelheid ervaring opgedoen gedurende ons voorseisoen voorbereiding met ‘n klompie oefenwedstryde wat ons help om tans ‘n vinnige foutlose spel te kan volhou. Die feit dat ons ‘n paar jong spelers het wat die ouer spelers op hul tone hou help ook dat niemand tydens oefeninge afskeep nie en hard werk vir hul speeltyd gedurende wedstryde.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei? Dit is vir my ‘n groot en ek besef die verantwoordelikheid. As kaptein is dit nie net my werk om die span te lei deur voorbeeld nie, maar ook om die span se moraal altyd hoog te hou en die jonger spelers te help ontwikkel. Ek voel trots daarop om hierdie rol te vervul en om die span deurentyd te help sodat hulle tot volle potensiaal kan groei en die beste van hul vermoëns bereik.
Het jul skool `n groot hokkiekultuur en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Ja, ons skool het ‘n sterk hokkiekultuur wat oor die jare heen opgebou is. Die druk is soms hoog op die 1ste spanne om sukses te behaal want die toewyding en vermoëns syfer dan deur al die res van die spanne omdat hulle opkyk na ons. Dis vir ons belangrik om nie net op prestasie te fokus nie maar om deur ons toewyding en die liefde vir die spel ons skoolgemeenskap aantemoedig om met trots ons te ondersteun , so ook vir mekaar. Ons vier sukses nie altyd net op die eindtelling van ‘n wedstryd nie maar dit wat ons kon regkry na ‘n week se voorbereiding. Ons probeer met harde en gefokusde oefening gedurende die week die naweek se wedstryd druk verlig deur om so voorbereid soos wat ons kan optedaag, en dit tel meeste van die tyd in ons guns.
Wat wil julle as `n span in 2025 bereik? Ons doelwit vir 2025 is om goed te probeer presteer in ons liga , top indien ons bevoorreg is, asook om ‘n positiewe en ondersteunende omgewing vir elke speler in die span te skep. Dat elke wedstryd wat ons aanpak beter as ons vorige een sal wees en om doelgerig te bly deur die hele seisoen en sy toernooie wat vir ons voorlè.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir jul die spesiaalste en hoekom? Ons grootste hoogtepunt van die jaar is altyd die Interskole wedstryd aan die einde van ons seisoen teen DF Malan. Die energie en passie wat tydens die wedstryd gevoel word tussen ons spelers en die skool en duisende toeskouers wat buitekant die veld ons ondersteun , maak dit elke jaar ‘n spesiale gebeurtenis.
Is daar ‘n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed? Maria Verschoor is ‘n inspirerende hokkiespeler wat uitgestaan het vir haar werksetiek, samewerking en strategiese spel. Haar loopbaan beklemtoon die belangrikheid van dissipline, harde werk en die vermoë om onder druk te presteer. Sy het my benadering tot hokkie beinvloed deur te wys hoe belangrik dit is om nie net fisies sterk te wees nie, maar ook emosioneel volwasse te dink al speel ek nog op skoolvlak.
Luandri Engelbrecht
Ons het ook met die afrigter van dié span, (Elaine Kruger & Beretha Conradie ) gesels:
Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Die skool en ouers kan ’n aangevuurde Bellville dogters hokkiespan verwag , wat gaan probeer balbesit hou en foutloos in die verdediging bly. Glo die meisies gaan 100% gefokus wees op die astro , en die tuisvoordeel gebruik met elke minuut van die spel.
Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (physically and mentally) Ons probeer nie veel verander in ons voorbereiding nie, dink ons moet vertrou dat ons genoeg deur die jaar gedoen en ingesit het om die voordeel daarvan vrydag aand te trek. Ons fokus net op hokkie wanneer ons veld toe stap gedurende interskole week en om aan die klein goedjies te werk wat ons nie in ons vorige wedstryd kon regkry nie. Dit neem die spanning van interskole opwinding en druk ’n bietjie af.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag lè in die feit dat ons tyd afgestaan het elke week sedert februarie om net aan die basiese tegnieke te werk , jy sal dit agterkom wanneer die meisies onder geweldige druk speel , hulle eerste aanslag op die bal lyk goed in beide die ontvang en voer daarvan. Hulle speel ook vir mekaar en nie verby mekaar nie, dit mag dalk grootliks in ons guns tel.
Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? Ek en Beretha wat tans die 1ste meisies span afrig ken mekaar al vir langer as 20 jaar aangesien ons saam hokkie gespeel het in ons veel jonger dae. Dis ’n voorreg om nou saam te kan afrig. Ons afrigter in daardie tyd was Rona Roelofse , en vandag nog rig ons beide by haar toernooie af wat sy aanbied en leer ons nog elkedag by haar. Ons vra nog gereeld raad by haar en is bevoorreg om haar betrokke te hè in ons afrigtingsproses.
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan/veld hardloop? Ons probeer maar net die meisies rustig en gefokus te hou. Ons sal met hulle gesels oor ons verwagtinge vir die wedstryd sodat ons die bes moontlike uikoms uit hulle kan kry en dan maak ons doodseker hulle is goed opgewarm. Die afrigtingswerk gebeur in die week , wanneer dit by wedstryde kom gee ons net leiding, hulle sit die werk in.









