Kenridge Laerskool swemmers kwalifiseer vir die Vlak 3 Streeks-swemkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende Kenridge Laerskool swemmers wat gekwalifiseer het om vanaf 21 Maart tot 24 Maart vir hul onderskeie klubs aan die Vlak 3 Streeks-swemkampioenskappe in Oos-Londen deel te neem. Kenridge is baie trots op jul wonderlike tye en uitslae.
- Seuns: Le Roux Heunis, Jack Fouché, Pierre van Onselen en Ryan Fouché
- Dogters: Mia Jansen van Rensburg en Sarah-Kate Odendaal
Hierdie swemmers het puik presteer en is beloon vir hul harde werk en toewyding.
![]()










