Hoërskool Eldoraigne leerder kwalifiseer om te dans in Australië
ADVERTISEMENT
Hoërskool Eldoraigne danser Melindi de Bruin in Graad 9 het die afgelope naweek deelgeneem by Dance Fusion. Melindi het deelgeneem in 5 items. Sy kwalifiseer in al 5 die items met ’n goue kaart om gedurende Desember deel te neem by die “Get the Beat finals” wat in Sydney, Australië sal plaasvind. Melindi het in die volgende items gekwalifiseer:
- Acrobaat
- Moderne Jazz
- Contemporary
- Moderne Jazz Groep
- Contemporary Groep
Baie geluk Melindi ons is baie trots op jou!












