HS Robertson dansers skitter tydens SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Suid-Afrika kampioenskappe van Uitvoerende Kunste – Team SA 2024
Nadia Blume van Robertson Academy of Dance en Danique Fullard Dance Academy het ‘n paar van Hoërskool Robertson se meisies ingeskryf om deel te neem aan die 2023 SACOPA kompetisie in Rustenburg vanaf die 30ste September tot die 6de Oktober. Hulle het ongelooflik goed gedoen. Hoërskool Robertson bewonder hulle vir hulle ongelooflike harde werk en passie.
![]()
Robertson Academy of Dance behaal die volgende prestasies:
Ada Conradie, Jana Waso, Riëtte van Tonder en Lillian de wet het vir 11 groepdanse, 7 Goud en 4 silwer medaljes verwerf. Anica Dorfling, Marli Götze, Jeanri Bothma, Nelani Colyn, en Mia de Wet verwerf vir 8 groepdanse, 5 Goud en 3 Silwer medaljes
Marietjie Bruwer verwerf vir 6 groepdanse, 4 Goud en 2 Silwer medaljes.
Marli Götze en Lillian de Wet verwerf vir 2 duette,1 Goud, 1 silwer medalje
Lilian de Wet verwerf 1 Silwer en 1 Brons medalje en Jana Waso verwerf 2 Goud, 1 Silwer, 1 Brons medalje vir hul onderskeie solo’s.
![]()
Danique Fullard Dance Academy:
Milla le Roux, Monja Roux, Thia Gelderblom, Chanté Galant, Suné Barnard en Anri le Roux verwerf vir 12 groepdanse, 7 Goud, 4 Silwer, 1 Brons medalje.
Monja Roux het vir haar 2 duette, 2 Goue medaljes verwerf
Thia Gelderblom en Chanté Galant verwerf vir hul 2 duette, 1 Silwer en 1 Brons medalje
Suné Barnard en Anri le Roux verwerf vir hul 2 duette 2 Silwer medaljes
Monja Roux verwerf vir haar 5 solo’s, 3 Goud, 1 Silwer en 1 Brons medalje
RAD en DFDA het kragte saamgesnoer vir 2 dansproduksies en wen hiermee die trofee vir algehele beste produksiegroep 16-24jr.
Baie geluk aan al die dansers wat deelgeneem het en baie dankie aan albei fantastiese dansskole in Robertson, almal is baie bevoorreg om julle in die midde te hê!










