Nóg twee Merensky Landbou Akademie netbalafrigters behaal vlak twee
ADVERTISEMENT
Nóg twee Merensky Landbou Akademie netbalafrigters behaal vlak twee. Twee netbalafrigters van Merensky Landbou Akademie het hul vlak 2-afrigterskursus vanaf 3 tot 5 Februarie by Hoërskool Pietersburg voltooi. Veels geluk aan me. Clarissa van Zyl en mnr. Tommie Potgieter wat met onderskeiding geslaag het. Die kursus is deur mnr. Francois Nel van Netbal Suid-Afrika aangebied. Hierdie toevoeging bring Plasie-Netbal se vlak 2 afrigters op vier te staan, met me. Nickey Steyn en Ansie Combrinck wat reeds hul eksamens afgelê het.

Clarissa van Zyl, Francois Nel, Tommie Potgieter.








