Laerskool Witpoort leerder dans die verhoog aan die brand
ADVERTISEMENT
Laerskool Witpoort leerder dans die verhoog aan die brand! Lirie Opperman het 30 September deelgeneem aan die Acro Fusion Championships. Sy behaal ‘n goud en 85% vir haar solo. Verder het sy deelgeneem aan die SA School Championships wat 13 Oktober plaasgevind het. Vir haar solo behaal sy ‘n high silver en 76,5%. Sy dans ook saam met ‘n groep 21 Oktober, weer behaal hulle ‘n goud met 82,5%.
Lirie Opperman










