Hoërskool Ermelo “Grease The Musical” bekoor gehoor
ADVERTISEMENT
Gedurende die week van 12 tot 17 Augustus het Hoërskool Ermelo in samewerking met Dalro die alombekende “Grease The Musical” opgevoer. Me Theunie Heinz was aan stuur van sake en Bernard Owen Jacobs het sy skoene as regisseur volgestaan. Die gemeenskap het die vertoning, sowel as die akteurs, dansers en koor, se lof geprys. Die leerders het hul uitstekend van hul taak gekwyt en gesorg vir ’n hoë kwaliteit opvoering en besondere dekor, klank en beligting. EHS is dankbaar dat hierdie skouspelagtige produksie op tuisbodem aangebied kon word.
Graag bedank ons die volgende rolspelers:
Erna Schoeman (Beskermheer), Adele Grey (Choreografie), Phila Dladla (Koor, Vokale regie en soliste), Theunie Heinz (Projekleier), Bernard Owen Jacobs (Regie), Talitha van Buren (Verhoogbestuur), Heibre Botha (Dekor en rekwisiete), Annaliza Mentz (Kostuums en grimering), Carin van der Merwe (Voorportaal en uitstalling), Leonora Jacobs (Gala-funksie), Allison van der Walt (Eregaste en geskenke), Mariaan Rust (Ontwerp van die programme), Johan Ferreira (Beligting), Marthinus Prinsloo (Klank), Moses Zwane (Ouditorium se nutsman).
EHS betuig opregte waardering en dank aan die volgende borge/instansies:
ErrieUnie, Errie-Trust, Marguerite Jacobsz (Ermelo MusiekMeesters), Deo Botha (West Street Inn), Louis Kloppers – Stel/Dekor, PrintDit – Druk van die programme, Oliver Olsen – Baadjies, Marius Olivier (ETS TOWING), Martin Filter (All About Cloud), Waldi Sieberhagen, Francois Venter, Elize Hefer – Dekor, Gustav Heinz – Instandhouding en dekor, ACSU – Sekuriteit en iNews – Bemarking. Dit vat vele hande om só projek aan te pak en Hoërskool Ermelo is dankbaar vir elkeen se betrokkenheid op welke gebied ook al.
![]()










