Hoërskool Strand leerder is gereed vir groot kunsteverhoog
ADVERTISEMENT
Michael Ruzvidzo leerder van Hoërskool Strand het deurgedring na die semi-finaal van die Proscenium Drama Kompetisie by Artscape Teater met die voordrag van gedigte, ‘n monoloog, radiodrama en prosa.
Met die finale prysuitdeling is aangekondig dat Michael een van sewe leerders is wat gekies is om ‘n rol te vertolk in amptelike RSG-radiodrama. Dis uitsonderlik! Hy het boonop ‘n rol gekry in ‘n oorklankingsprojek en is ook gekies as ‘n akteur in die openingsvertoning tydens die 2025 Woordfees! Hierdie produksie sal moontlik ook by die KKNK en Suidoorsterfees op die planke wees.
Groot roem vir die jong man – ons sien uit om jou loopbaan te volg. Baie geluk! Ons Arende Oscar-gehalte!











