Hoërskool Linden leerders leef hul kreatiwiteit uit op Nasionale vlak
ADVERTISEMENT
Die Proscenium Dramakompetisie bied aan hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 die geleentheid om individueel deel te neem en hul kreatiwiteit op nasionale vlak uit te leef. Tydens die eerste uitdunronde moet deelnemers ’n gedig, ’n uittreksel uit ’n prosawerk en improvisasie aanbied. Hoërskool Linden is besonder trots daarop om aan te kondig dat drie van hul leerders onder die top 70 finaliste landswyd is en gekies is om aan die nasionale ronde in Mei by die Kunstekaap-teater deel te neem. Baie geluk aan Mila Robberts, Christian Nortjé en Hildegard Schraader.










