Laerskool Bastion se toneelgroepe het suksesvol aan twee toneelfeeste deelgeneem
ADVERTISEMENT
Laerskool Bastion se toneelgroepe het aan twee toneelfeeste deelgeneem en kan spog met vele prestasies op die verhoog. Hulle het Maandag, 5 Augustus, by die Drostdyteater op Stellenbosch aan die Klein Libertas Toneelfees deelgeneem. Daar het Bastion sewe benoemings ontvang, wat ’n ongelooflike prestasie is aangesien hulle, as laerskool, saam met hoërskoolproduksies beoordeel is. Die Donderdag daarna het hulle die pad gevat Montagu toe, om by die Montagu Jeugkunstefees te gaan optree. Daar het Bastion se twee produksies goud en dubbelgoud onderskeidelik ontvang, en benewens om vir alle toekennings benoem te word, het Bastion die volgende gewen:
- Beste junior akteur: Connor Matthee
- Beste junior aktrise: Leanke van Schalkwyk
- Beste ondersteunende aktrise: Stacey Wilson
Biesenbach Trofee: ‘n Spesiale toekenning wat aan Laerskool Bastion toegeken is vir die leerders se positiewe houding en deelname by die fees.












