Toekennings stroom in vir Hoër Volkskool Potchefstroom produksies
ADVERTISEMENT
“Die Laastes”, een van twee produksies van Hoër Volkskool Potchefstroom, het onlangs opgetree het by die FAK/Allegretto-toneelfees in Springs, en met skitterende uitslae weg gestap het. Met puik spel, dring Hanno van Zyl en Thylo Nortier deur na die semi-finaal, waar Thylo as mees belowende aktrise van die week aangewys is. Saam met hulle op die foto is Arno Theunissen, wat die beligting hanteer. Hierdie stuk ontvang die volgende toekennings:
- Goud vir: Dekor & stel, Beligting, Klank, Verhoogbestuur, Kostuums, Tegniese aspekte
- Silwer vir: Hanno van Zyl (spel), Thylo Nortier (spel), Produksie, Regie, Ensemble, Klankontwerp.
- Volkies se ander produksie, “Kopvirus”, stap weg met vyf silwer, en ses brons toekennings.
Die Laastes










