Hoërskool Bredasdorp fietsryers laat speke sing
ADVERTISEMENT
Hoërskool Bredasdorp is baie trots op die twee opvoeders en drie BD’S wat Sondag die 109 km van die Argus-fietswedren suksesvol in nat toestande afgelê het. Ten spyte van die eendeweer, het hul dit baie geniet. Mnr Retief (skoolhoof) het sy 22ste wedren voltooi, mnr Terblanche sy derde en Dian Fourie (gr 9) en John Dunn (gr 11) het dit vir ‘n tweede keer aangedurf. Minke du Toit (gr 10) het haar heel eerste Argus saam met haar pa, Pieter, gery en dit baie geniet.












