Hoër Volkskool fietsryers het aan die Murrayburg Crawl deelgeneem
ADVERTISEMENT
‘n Hele paar van Hoër Volkskool se fietsryers het Saterdag, 16 Maart, aan die Murraysburg Crawl deelgeneem, waar die weersomstandighede perfek was. Ten spyte van ‘n uitdagende roete, was dit vir alle ryers uitvoerbaar. Die geleentheid het ‘n feestelike atmosfeer gehad, wat ‘n aangename ervaring vir almal betrokke geskep het.
- Arno Slabbert (Gr 8) het ‘n eerste plek behaal in die 30km Mansafdeling met ‘n tyd van 1:13:58,
- Philip le Roux (gr 9) behaal ‘n tweede plek met ‘n tyd van 1:16:17.
Ritus Meiring, sportorganiseerder by Hoër Volkskool, het aan die 60km resies deelgeneem en behaal ‘n algehele eerste plek met ‘n goeie tyd van 2:30:23.
Xander Keyser, hoofseun 2024, het ook deelgeneem, maar as ‘n offisiele fotograaf vir die dag. Baie geluk ook aan almal wat aan die geleentheid deelgeneem het!










