Die o.19 A-tennisspan van Paul Roos Gimnasium is as die kampioen in Bloemfontein gekroon
ADVERTISEMENT
Die o.19 A-tennisspan van Paul Roos Gimnasium is weer as die kampioen in Bloemfontein gekroon nadat die span Paarl Boishaai (HJS) in die finaal 4 – 0 geklop het.
Die Grey College Tennistoernooi is ‘n baie belangrike toernooi op die jaarlikse skooltenniskalender en het vanjaar vir die 21ste keer plaasgevind.
Die PRG-span het die belangrike dubbelspunt gewen en daarna het Willem de Waal, Pieter Kotze en Xander Pienaar hulle enkelswedstryde in skoon stelle gewen.
Die PRG-wensspan was: Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar, Hanno Bouwer, Simeon Roothman, Sebastian Oosthuizen en Luke Verwey.
Die finale uitslag na die toernooi is soos volg: Op die foto van links Swannie Swanepoel (Afrigter), Willem de Waal, Pieter Kotze, Hanno Bouwer, Xander Pienaar, Sebastian Oosthuizen, Luke Verwey en Simeon Roothman.Welgedaan, Paul Roos-tennis!
- Paul Roos Gimnasium
- Paarl Boishaai (HJS)
- St. Stithians
- Grey College
- Affies
- Waterkloof
- Kearsney College
- Outeniqua HS










