Die Hoërskool Wonderboom spog met waarnemende hoof
ADVERTISEMENT
Ons is verheug om Mnr. Carl Schmahl geluk te wens met sy aanstelling as Waarnemende Hoof van Die Hoërskool Wonderboom. Hierdie nuwe verantwoordelikheid is ’n bewys van sy toewyding, leierskap en die vertroue wat die skoolgemeenskap in hom stel. Mag hierdie rol vir hom nuwe uitdagings, maar ook groot seëninge bring. Sy visie en passie vir die ontwikkeling van leerders en kollegas sal ongetwyfeld ’n inspirasie wees vir almal by Die Wonnies.Ons ondersteun hom met volle vertroue en sien uit na ’n opwindende hoofstuk vir die skool onder sy leiding.










