Laerskool Bosveld se o. 9 -12 netbaldogters het ‘n naweek van netbal geniet
ADVERTISEMENT
Laerskool Bosveld se o. 9 -12 netbaldogters het ‘n naweek van netbal, spanbou en avontuur by Jubaweni, net buite Nylstroom beleef. Die dogters het nie net geleer nie, maar ook hope pret gehad. Dit was beslis ‘n naweek om te onthou en een vir die boeke! Die program was lekker besig- van ‘n uitdagende literiabaan, wildrit en “supertubes”, tot die waardevolle vaardigheids- en verdedigingsessies wat ervare afrigters aan die leerders aangebied het. Ons het die geleentheid gekry om ons vaardighede te bemeester deur wedstryde teen ander skole te speel. Die wedstryde het baie goed verloop, en ons beskou die naweek as ‘n sukses. Dit was ‘n heerlike naweek van uitstekende netbal en hope pret.





















