Die Hoërskool Brandwag Klas van 2024 oudleerder skitter by die Provinsiale Toppresteerders Seremonie
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Brandwag oudleerder Tiaan Meyer is aangewys as die 2de beste matrikulant in “Cluster B” by die Provinsiale Toppresteerders Seremonie wat in Oos-Londen gehou is. Hy het ‘n Premierstoekenning vir sy uitstekende prestasie ontvang. . Tiaan het vir al 6 sy vakke bo 90% gekry met ‘n algehele gemiddeld van 93,6%. Hy is aanvaar by die Universiteit van Stellenbosch om vanjaar medies te studeer. Brandwag is ontsettend trots op Tiaan.

Tiaan Meyer

In die foto is sy trotse ouers, Jacques en Bianca Meyer









