Hoërskool Volksrust klas van 2022 matriekuitslae
ADVERTISEMENT
En daar doen Volkies dit weer! Ons omgee-skool help ons 107 leerders om hulle volle potensiaal te bereik en nou kan elke Volkie en onderwyser met trots terugkyk na ʼn fantastiese 2022 met uitsonderlike uitslae. Met ʼn totaal van 45 onderskeidings en 109 B-simbole is daar nie minder nie as 69% van ons matrikulante wat met universiteitsvrystelling slaag. Die slaagsyfer is 97%. Ons top kandidaat is natuurlik NT Moolman. Met onderskeidings in al 7 sy vakke lyk sy individuele uitslae soos volg:
Afrikaans Huistaal 87%, Engels Eerste Addisionele Taal 91%, Wiskunde 95%, Lewensoriëntering 88%, Rekenaartoepassingstegnologie 96%, Lewenswetenskappe 95% en ʼn fantastiese 98% vir Fisiese Wetenskappe. NT se gemiddeld is ʼn verbysterende 93%!

NT Moolman
Deliah Cromhout behaal 5 onderskeidings en is tweede op ons top-10. Haar uitslae is soos volg:
Afrikaans Huistaal 79%, Engels Eerste Addisionele Taal 90%, Wiskunde 78%, Lewensoriëntering 84%, Rekeningkunde 84%, Landbouwetenskap 80% en Lewenswetenskappe 84%. Haar gemiddeld is ʼn pragtige 83%.

Deliah Cromhout
Davida Steenkamp is derde op die top-10 met 4 onderskeidings in Afrikaans Eerste Addisionele Taal 89%, Wiskundige Geletterdheid 83%, Besigheidstudies 87% en Rekenaartoepassingstegnologie 81%.

Davida Steenkamp
Lusanda Shabalala is vierde op die top-10 met 2 onderskeidings in Afrikaans Eerste Addisionele Taal 82% en Lewenswetenskappe 84%.

Lusanda Shabalala
Vyfde op die top-10 is Thandolwethu Pungula met 2 onderskeidings in Afrikaans Eerste Addisionele Taal 87% en Rekeningkunde 85%.

Thandolwethu Pungula
Sesde op die top-10 is Marnica Lamprecht met 3 onderskeidings vir Engels Eerste Addisionele Taal 80%, Lewensoriëntering 80% en Rekenaartoepassingstegnologie 80%.

Marnica Lamprecht
Posisie sewe tot 12 word gevul deur Lushé Victor met 2 onderskeidings, Michael le Roux met 2, Itumeleng Malefetsane met 1, Bandile Moloi met 2, Tewie Uys met 1 en Tiara Naidoo met 3 onderskeidings.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal spog vanjaar weer eens met die meeste onderskeidings, naamlik 9. Besigheidstudies behaal 6 onderskeidings, Engels Eerste Addisionele Taal en Wiskundige Geletterdheid behaal elk 5, asook Lewensoriëntering. Rekeningkunde, Rekenaartoepassingstegnologie en Lewenswetenskappe behaal elk 3 onderskeidings. Toerisme behaal 2 onderskeidings en 1 elk vir Afrikaans Huistaal, Wiskunde, Landbouwetenskap en Fisiese Wetenskap. Baie geluk aan elke onderwyser en matrikulant!









