Hoërskool Volksrust Matrieks vs Res
ADVERTISEMENT
Op Donderdag 3 Oktober het Hoërskool Volksrust se jaarlikse matrieks teen die res wedstryde plaasgevind. Al die wedstryde het in baie goeie gees plaasgevind! By die netbal, dogtershokkie en seunshokkie het die res-spanne gewen en by die Rugby het die matrieks gewen. Dankie aan al die skeidsregters wat so streng volgens die reëls geblaas het. Dankie aan elke speler, wat dit vreeslik geniet het. Ons sien uit na volgende jaar se matrieks teen die res wedstryde!
















