Baie welkom aan Curro Langebaan se nuwe graad 8 leerders
ADVERTISEMENT
Baie welkom aan ons nuwe hoërskool /graad 8 leerders! Ons vertrou dat jul hoërskool loopbaan vir julle baie vreugde sal inhou. Mag jul ervaar hoe julle saam met die skool groei, leer en ontwikkel. Die hoërskool hou vir julle n nuwe hoofstuk in, gooi jouself voluit in sonder om om te kyk. Mag God julle lei en seën en mag julle diep spore hier op Curro Langebaan grond agterlaat. Ons is so dankbaar om julle deel van ons Langie-familie te hê.













