Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria swemmers presteer aan SA’s
ADVERTISEMENT
AFFIE-SWEMMERS PRESTEER BY NASIONALE KAMPIOENSKAP
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Watersport Kampioenskap was gedurende verlede week in Gqeberha (Port Elizabeth) aangebied. Twee Affie-swemmers, Marcus Booysen en Christian Esterhuysen, het oor ses dae aan die gala deelgeneem en die volgende prestasies behaal:
Marcus Booysen :
- 50 m vryslag: Brons – 25.12 Finaal
- 100 m vryslag: 4de – 55.21 Finaal
- 100 m Rugslag: 21ste – 1.07,19
- 200 m individuele medley: 23ste – 2.28,68
Christian Esterhuysen:
- 50 m rugslag: Silwer – 28.10 Finaal
- 50 m vlinderslag: Brons – 26.72 Finaal
- 200 m rugslag: 5de – 2.15,92 Finaal
- 100 m vlinderslag: 6de – 1.00,31 Finaal
- 100 m rugslag: 7de – 1.02,62 Finaal
- 200 m individuele medley: 8ste – 2.20,10 Finaal
- 100 m vryslag: 12de – 56.72
Baie geluk manne, dit is uitsonderlik goeie prestasies.










