Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria ATKV Nasionale Debatskompetisie
ADVERTISEMENT
Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria lewer vyf van Gauteng se 10 spanne vir die finaal van die ATKV Nasionale Debatskompetisie op. In die halfeindronde van die ATKV Nasionale Debatskompetisie het twee junior spanne na die finaal in Augustus by Klein Kariba deurgedring. Die ander skole wat elkeen een span in die finaal het, is AHMP, Helpmekaar en Monument. In die senior kompetisie het AHS drie spanne in die finaal. Overvaal en Menlopark het elkeen een span in die finaal.
Baie geluk manne, dit wil gedoen wees!















