Die Hoërskool Wonderboom se o.14 Cubs is die 2026 Stadsbekerwenners
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Wonderboom se o.14 Cubs is die 2026 Stadsbekerwenners!Met ongelooflike vasberadenheid, spanwerk en Wonnie-hart het ons Cubs die stadsbeker-finaal gewen: Die Hoërskool Wonderboom 17 – 10 HTS John Vorster. Hierdie titel is die beloning vir maande se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë.
Julle het met trots die Wonnie-kleure gedra en bewys dat karakter, dissipline en spanwerk kampioene bou.
Baie geluk aan elke speler, die afrigters, bestuur en ouers wat deel was van hierdie besondere prestasie.
Die hele Wonnie-gemeenskap is ongelooflik trots op julle!Baie geluk, Cubs! Julle is die 2026 Stadsbekerwenners!
Dankie aan Pierre Rhynners wat hierdie ongelooflike oomblik vasgevang het.










