Hoër Landbouskool Boland graad 8 VRL-lede vir 2026
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan hierdie Hoër Landbouskool Boland graad 8-seuns met hulle verkiesing as VRL-lede vir 2026.
1. Andrew Geldenhuys
2. HJ Brand
3. Fillip Kleynhaüs
Hierdie raad bestaan uit 12 lede, drie uit elke graad van gr. 8 – 11. Hierdie lede word demokraties deur die leerders verkies en hulle neem deel aan belangrike besluitnemingsprosesse en verteenwoordig so die leerders. Die VRL dien as skakel tussen die leerders en die personeel. Hulle is verder verantwoordelik vir projekte om ʼn groter sosiale verantwoordelikheid by leerders te vestig.










