Skitter bergfiets prestasie vir Hoërskool Stellenbosch
ADVERTISEMENT
Die laaste skole MTB het op 6 September plaasgevind. Hoërskool Stellenbosch se leerders het baie goed gedoen met vier onder die Top 10 en vyf onder die Top 20 in hul onderskeie ouderdomskategorieë. Baie geluk aan Emile Theunissen wat ‘n 5de posisie behaal het en Jana Terblanche wat ‘n 2de posisie behaal het. Hoërskool Stellenbosch het die 8ste algehele plek (uitgewerk met die totale punte van die vyf beste leerders per skool) uit 20 hoërskole behaal in ons eerste jaar van deelname! Algehele posisies behaal vir die 2025 seisoen:
Emile Theunissen – Seuns o.14 – 4de plek
Jana Terblanche – Dogters o.16 – 4de plek
Dominique Taljaard – Dogters o.16 – 8ste plek
















