Uitstekende spel deur Laerskool Wonderboom skaakspelers
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Abigail Haupt, Meandri Vorster, Veronique Prinsloo en Trisa Erasmus wat deelgeneem het aan SAJCC (South African Junior Chess Championships). Hulle het pragtig gespeel en is onder die beste 24 in Suid-Afrika. Baie geluk aan Abigail Haupt wat opgeneem is in die Suid-Afrikaanse 0.10-skaakspan! Laerskool Wonderboom is baie trots op jou!














