Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria skaakspanne kraai koning in D4 Skaakliga
ADVERTISEMENT
Vier skaakspanne het Saterdag, 3 Augustus aan die Tshwane Suid D4-Skaakliga Finaal deelgeneem. Die toernooi was oor vyf rondtes beslis. Die Affie-manne het uitstekend gespeel en het die volgende uitslae behaal:
Die o.17A asook die o.19A wen hul afdelings en stap weg met die goue medaljes. Hierdie twee spanne dring na die Gauteng Top Skole Toernooi deur wat in September plaasvind.
O.15B behaal ‘n 3de plek en o.19B ‘n 2de plek.
Die volgende spelers is as bordpryswenners aangewys:
O.17A:
- Altus van der Merwe
- Nicholas Jansen van Rensburg
- Henry Murray
- Jandré de Jager
- Zachary Boonzaaier
- Wessels Grobler
- Danie Schabort
















