LS Nelspruit Mpumalanga o.13 Grootskole wenners 2022
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Mnr. Krugel en Mnr. Van Niekerk en hul o.13A Aramex Nellies Krieketspan wat Donderdag as Mpumalanga o.13 Grootskole/Superliga kampioene gekroon is. Die Laerskool Nelspruit het vir Laerskool Goedehoop in ‘n spannende wedstryd met slegs 6 lopies gewen! Die wedstryd uitslag was tot op die einde in die weegskaal en kon enige kant toe beslis word. Nellies is eerste ingestuur om te kolf en is almal uitgehaal vir 94 lopies! Goedehoop het die teiken gejaag, maar die telling was op die einde net-net buite bereik vir die manne van Secunda.
Met slegs 1 paaltjie staande en 7 balle oor, het Goedehoop nog 7 lopies benodig om te wen. Nellies se veldwerk was vuurwarm en die druk het daartoe gelei dat Goedehoop uitgehardloop is met die voorlaaste bal van die tweede laaste beurt. Nellies wen dus met 6 lopies. Dankie aan ons Titelborg, Aramex vir julle ondersteuning. Dankie dat u in die wel en weë van ons kinders belangstel. U betrokkenheid sal beslis dividente vir u lewer. Ons glo die Nellie Handelsmerk het u en u maatskappy trots gemaak hierdie afgelope seisoen! Besoek Aramex Nelspruit gerus vir die beste aflewerings dienste in die laeveld.
Aramex is geleë by Panorama gebou, 7 Kiepersol str, West Acres, Nelspruit. Tel 013 752 3993 Groot waardering aan Laerskool Goedehoop vir die kompeterende kragmeting, die wedstryd kon enige kant toe gegaan het en dit is altyd lekker om teen julle te kan meeding op enige vlak. Veilig terug reis Secunda toe. Welgedaan seuns, ons is baie trots op julle! Baie dankie aan Pieter Scherman van Roman’s Pizza Nelspruit vir die skenking van Pizza’s en ook baie dankie aan ons mammas wat die besoekers baie welkom laat voel het met mooi kaartjies en verversings!
Agter v.l.n.r.: Caleb Gosling, Christiaan de Klerk, Tiaan Augustyn, Samuel Day, Luan Siebrits, Aldo van Jaarsveld, Wico Zoomers. Voor v.l.n.r.: Aiden Sill, Luan Lombaard, Luan Louw, JP Snyman, Matthew Delpaul.










