HS Rustenburg en Bergsig vat hande
ADVERTISEMENT
Bergsig Akademie se hoofleiers het Vrydag, 28 Oktober 2022 die Hoërskool Rustenburg se nuutverkose hoofleiers gaan geluk en sterkte toewens vir hulle termyn. Dit was ‘n voorreg om idees en doelwitte vir 2023 uit te ruil. Die Rusties sien uit om hande te vat vir die termyn wat voorlê. Hou hierdie spasie dop! Daar is ‘n paar opwindende projekte wat voorlê.
Voor: Danique Kruger, Tiané Visser, Eliané Burger. Middel: Christi van Wyk, Zachary Wangra, Melissa Venter, Adriaan Young, Claytan Reid, Christin Olivier. Agter: Danté Combrink, Niël Malan, Matthew Smith, Jandré van Staden. Afwesig: Igno Strydom, Ofentse Sefolo, Jared Smith.










