Hoërskool Ermelo redenaars presteer by Oppie-Tong-Af Nasionaal
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo redenaars presteer by Oppie-Tong-Af Nasionaal. Op 13-14 Oktober het vier Erries Hoërskool Ermelo gaan verteenwoordig by die Oppie-Tong-Af Redenaarskompetisie se nasionale finaal. In die Afrikaanse afdeling het die leerders as volg presteer: Madri van Niekerk (motiveringstoespraak, gr. 8) – tweede, Lidmari Sheppard (oorredende toespraak, gr. 8) – sewende, Mariska van Biljon (vermaaklikheidstoespraak, gr. 10) – vyfde. In die Engelse afdeling behaal Raees Tikly (gr. 11) ’n uitsonderlike sewende plek in die motiveringstoespraak-afdeling.
Hartlik geluk aan al hierdie Errie-redenaars met jul pragtige prestasies. Mag julle aanhou om te woeker met julle Godgegewe talente.
(vlnr): Raees Tikly, Madri van Niekerk, Lidmari Sheppard en Mariska van Biljon










