‘n Ongelooflike dansjaar vir die dansers van Laerskool Fontainebleau
ADVERTISEMENT
‘n Ongelooflike dansjaar vir die dansers van Laerskool Fontainebleau. Laerskool Fontainebleau bied dans as ‘n buitemuurse aktiwiteit aan by die skool vir leerders van graad 1 tot graad 7. Jaarliks neem hulle deel aan vele kompetisies. Hierdie jaar het hulle aan Kollig Kunstefees, Gauteng Dance festival en DanceStar deelgeneem teen ander dansskole.
Die dansgroepe het ook opgetree in die Staatsteater tydens die Tswane Jeugkunstefees. Die vier dansgroepe, Beginner-, Graad 3 en 4-, Junior- en Seniordansgroep het almal ’n A+ en trofeë verwerf tydens die Gauteng Dance festival in Volksdans of Modern Musical. Tydens die Kollig Kunstefees was die Senior dansgroep onder die top 10 en Mieke van Westing was die algehele wenner en Lida- Mari Badenhorst was 7de.
Die Senior dansgroep neem ook jaarliks deel aan DanceStar in solos, duo, trios, kwartette en groep items. Hulle het deel geneem in verskeie dans genres soos volksdans, lyrical, musical theatre, ballet, contemporary, open, acro en jazz. Hierdie groep leerders het weggestap met 13 trofeë en is almal gekies om deel te wees van die Nasionale span wat volgende jaar in Croatia aan die DanceStar finaal gaan deelneem. ‘n Ongelooflike prestasie.
![]()










