HS Aliwal-Noord atlete presteer by die ASA Nasionale atletiekbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Tydens die vakansie het 6 van ons atlete aan die ASA Nasionale atletiekbyeenkoms in Potchefstroom gaan deelneem. Hierdie byeenkoms word deur al die provinsies in die hele land verteenwoordig en ons atlete vaar uitstekend tussen die top atlete in die land.
Die uitslae is as volg:
- Monique Weitsz dogters o/18 behaal ‘n 2de plek in die 5000mW met ‘n tyd van 28:24.43 (893 punte).
- Chris Weitsz seuns o/16 behaal ‘n 3de plek indie 5000mW met ‘n persoonlike beste tyd van 26:44.49s (879 punte).
- Robert Orrock seuns o/20 behaal ‘n 9de plek vir die 3000mSc met ‘n tyd van 10:12,25s (868 punte).
- Keyshaun Basson seuns o/16 100m behaal ‘n 5de plek in sy uitdun met ‘n tyd van 11.66s (728 punte).
- Lutho Silele seuns o/16 200m behaal ‘n 5de plek in sy uitdun met ‘n tyd van 24.70s.
- Ethan du Plessis seuns o/18 100m kon ongelukkig nie sy wedloop voltooi nie agv ‘n dyspierbesering.
Baie geluk aan almal met hul puik prestasies.
Chris Weitsz
Monique Weitzs
Robert Orrock










