Laerskool Aliwal-Noord hardloop in die Dorpsbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Die Dorpsbyeenkoms was gehou op 4 Februarie en Laerskool Aliwal- Noord was die gasheerskool. Na ‘n harde bui reën Donderd, was daar kommer of die byeenkoms sou plaasvind. Vrydag, 4 Februarie was egter ‘n heerlike dag vir atletiek. Daar het ‘n feestelike atmosfeer geheers en al die verskillende skole het hul tente opgeslaan op die walle .
Verskeie rekords was verbeter:
- Enrique Weitz breek die 1500 meter stap vir seuns o/13 met ‘n tyd van 8:51 sekondes.
- Lianie Smook, dogters 0/13, breek die verspring rekord met ‘n aftand van 4.21 meter.
- Mienke du Plessis verbeter die dogters 0/12 verspring rekord met ‘n pragafstand van 4.32 meter.
- Liane Kruger, dogters o/11, breek die gewigstoot record met 9.10 gooi.
- Sasha-Leigh Johnson het 2 rekords verbreek vir dogters o/13. Sy het eers die 200m record in ‘n tyd van 29.30 sekondes, en die 200 meter hekkies record verbeter met ‘n tyd van 33.90 sekondes.
- Gerbrandt Bekker verbeter die rekord vir gewigstoot seuns o/12 met ‘n afstand van 10.91 meter.
- Harlik geluk aan al die leerders met hierdie prestasie!!
- Die Laerskool vaar puik en verower 45 eerste plekke, 33 tweede plekke en 33 derde plekke. Baie geluk aan elke atleet met hulle besondere prestasies.
- ‘n Spesiale woord van dank aan alle beamptes, asook die personeel van LSAN wat die dag moontlik gemaak het. Dankie ANPS wat die byeenkoms aangebied het.
75 van LSAN se atlete het gekwalifiseer om na die volgende rondte deur te dring Dit is die CMC-byeenkoms wat op Sauerpark op Vrydag 18 Februarie gehou gaan word. Sien julle daar!!
Gerbrand Bekker en Enrique Weitz
Liane Kruger, Sasha-Leigh Johnson, Lianie Smook en Mienke du Plessis (afwesig)










