2 Hoërskool Ermelo leerders deur na nasionale finaal van Interskole Redenaarsliga
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo het vanjaar vir die eerste keer deelgeneem aan die landswye Interskole Redenaarsliga-kompetisie. Skole buite die Gauteng-area neem eers aan aanlyn-uitdunne deel waarna die bestes genooi word om aan die nasionale finaal te gaan meeding. Vier Erries het op Donderdag 25 Mei via lewendige aanlyn-deelname meegeding in die volgende kategorieë: Carel Hancke (gr. 8 voorbereid), An-Euné van Niekerk & Lidmari Sheppard (gr. 9 voorbereid) asook Karli van Schalkwyk (gr. 9 onvoorbereid).
Die Erries is geweldig trots op Lidmari Sheppard en Karli van Schalkwyk wat deurgedring het na die nasionale finaal. Hulle gaan Hoërskool Ermelo DV op 16 September verteenwoordig by die Universiteit van die Witwatersrand. Sterkte aan dié twee meisies. EHS is trots op julle.

Lidmari Sheppard en Karli van Schalkwyk









