Hoë hoogtes vir Hoërskool Waterkloof jong wetenskaplike
ADVERTISEMENT
Inebelle Swart (graad 9) het tydens die afgelope Desembervakansie aan die SAYESS Ekspo (South African Youth Engineering and Science Symposium) deelgeneem waar sy ‘n algehele tweede plek behaal het. Inebelle is genooi om in Maart in Barcelona aan die Internasionale Wetenskap Ekspo deel te neem. Baie geluk, Inebelle, ons is ongelooflik trots op jou!










