Worcester-Noord Primêre Skool dansers het aan die SADTA kampioenskap deelgeneem
ADVERTISEMENT
Worcester-Noord Primêre Skool leerders Christo Botha en Elri Terblanche het die afgelope naweek aan die SADTA se Wes-Kaap kampioenskap deelgeneem. Hulle het eerste plekke in beide hulle Ballroom en Latin afdelings behaal. Elri het ook aan die Pro-Am afdeling deelgeneem en ‘n eerste en derde plek in haar Ballroom en Latin afdelings onderskeidelik behaal. Baie geluk met jul puik prestasies Noordjies. Ons is bitter trots op julle!
![]()










