Wes-Kaap skaak prestasie vir Hoërskool Langenhoven
ADVERTISEMENT
Hoërskool Langenhoven is ongelooflik trots om aan te kondig dat Elnichia gekies is vir die Wes-Kaap Skaak Skolespan wat in Desember in Port Elizabeth gaan deelneem. Elnichia, ons wens jou alle sukses en sterkte toe vir die toernooi – jy dra ons Dasse se trots met eer!










