Hoërskool Bredasdorp neem deel aan die Vredendal onder 15-Rugby Toernooi
ADVERTISEMENT
Groot was die opwinding toe die ARNISTON HOTEL & SPA o.15-span die pad na Vredendal aanpak. Daar
was heelpad ‘n buzz in die bus en daar is beslis nie aan slaap gedink nie. Die eerste wedstryd was teen Augsburg Landbougimnasium. Hulle het oorheers met hul groot voorspelers en wen die wedstryd 26-12.
Puntemakers
- Drieë: Stian du Plessis, Gervinnio Stuart
- Doelskop: Leighton Phillips
Die manne het die teleurstelling afgeskud, hul koppe opgetel, en kookwater rugby gespeel. Ons wen Lutzville
68-0.
Puntemakers
- Drieë:
- Lee-Won Rossouw,
- Gervinnio Stuart (3),
- Jean Couter (1),
- Isaac Kasongo,
- Caleb Davids,
- Eslaam Wilskut
- Gervinnio Stuart het al 9 drieë verdoel.
Baie dankie aan die afrigters mnre Thys Kriel, Marius van der Vyver en Brian Vermeulen wat die rugbyspelers
vergesel het. Dit was ‘n heerlike toer met baie opwinding. Ons het mekaar beter leer ken en sien uit na die 2026-seisoen










