Hoërskool Nico Malan Rugbyspelers presteer
ADVERTISEMENT
Hoërskool Nico Malan Rugbyspelers presteer. Ons is baie trots op die volgende Hoërskool Nico Malan Rugbyspelers wat in die onderskeie OP Cravenweek- en Grant Khomospanne ingesluit is. Baie geluk aan Nico Malan se 1ste-span losskakel Dominic Malgas wat in die Cravenweekspan ingesluit is, wat vanaf 3-8 Julie 2023 by Hoërskool Outeniqua in George deelgeneem het.
Baie geluk aan Pietman Kleinhans (o.16A – 8ste man), Taylon Matoewa (o.16A – heelagter) en Gelden van Niekerk (o.16A – senter) wat in die Grant Khomospan ingesluit is, wat vanaf 26-30 Junie 2023 by Paul Roos in Stellenbosch deelgeneem het. Spesiale geluk ook aan Pietman Kleinhans wat aangewys is as die Kaptein van die OP o.16 Grant Khomospan.Baie geluk aan al hierdie spelers en afrigters vir hulle insluiting in die onderskeie OP spanne. Nico Malan is baie trots op julle en sien uit om gedurende die vakansie julle by die toernooie te volg.
![]()









