So sluit Koffiefontein Gekombineerde Skool die atletiekseisoen op ‘n hoogtepunt af
ADVERTISEMENT
So sluit Koffiefontein Gekombineerde Skool die atletiekseisoen op ‘n hoogtepunt af met Itumeleng Mphale wat ‘n silwer medalje (Driesprong S o.15) op die SA-Skole Atletiekkampioenskappe verower het. Tydens die gewilde Vrystaat Atletiekkampioenskappe het Kgatliso ‘n silwer medalje, en Itumeleng ‘n goue medalje in driesprong verower. Dankie vir julle harde werk, spangees en die humor wat ek met julle kon deel wanneer ons van vroeg tot laat, baie kilometers moes aflê om aan die byeenkomste te kon deelneem. Ek is baie trots op julle!
Itumeleng Mphale
Kgatliso en Itumeleng
Al hierdie atlete het aan die Vrystaat Atletiekkampioenskappe te Sasolburg deelgeneem.










