Rekordjaar vir Parel Vallei op die atletiekbaan
ADVERTISEMENT
Dit was ‘n rekordjaar vir Parel Vallei in soveel opsigte. Tydens die Boland Atletiekkampioenskap het 25 atlete aan 40 items deelgeneem en 19 medaljes gewen. By die Wes-Kaap Atletiekkampioenskap, het 14 atlete aan 22 items deelgeneem en 12 medaljes gewen.

Elf Parel Vallei atlete is hierdie jaar gekies om Boland, Westelike Provinsie en die Wes-Kaap by die ASA- en SASA Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap te verteenwoordig. Jamial Johnson het ‘n silwer medalje gewen in die seuns o.15 1500m hindernis tydens die skole se Suid-Afrikaanse kampioenskap en ‘n brons medalje vir die seuns o.16 1500m hindernis tydens die ASA SA Kampioenskap.









