Parel Vallei die Dischem Interskole Atletiek wenners vir 2022
ADVERTISEMENT
Hoërskool Parel Vallei het die Dischem Interskole atletiekkragmeting wat oor drie dae en 129 items gestrek het, oortuigend gewen. Die dag was egter oor soveel meer as net die atlete wat sake uitspook vir die hoogste, verste of vinnigste plekke. Die opening was ‘n skouspel van kleur en klank met meer as 180 leerders van drie skole wat aan die gesamentlike Optog deelgeneem het.













