Hoërskool Rustenburg atletiekuitslae
ADVERTISEMENT
Hoërskool Rustenburg atletiekuitslae:Kom wind, kom reën, die Rustie-atlete staan terug vir NIKS en NIEMAND nie! Die Rusties vaar uitstekend by die NW-interhoër waar dit weereens ‘n naelbytkompetisie was tussen die Rusties en Potch Gimmies.
- Liandri de Wet is aangewys as die beste veldatleet vir die dag.
- Die Rustie-dogters kom algeheel 2de met Potch Gimmies se dogters wat die 1ste plek vat.
- Die Rustie-seuns wen die seunsafdeling met Hoërskool Klerksdorp (KHS) in die 2de plek en Potch Gimmies in die 3de plek.
- Die Rusties kom algeheel 2de tydens die NW-interhoër.Ons is trots op elke Rustie-alteet, -afrigter, -beampte en -ondersteuner vir hierdie suksesvolle dag!
Adriano George tydens die NW-Interhoёr
MC Smit besig met verspring tydens die NW-Interhoёr
Reghard Dietrich tydens die aflos by die NW-Interhoёr
Die Rusties-breek 9 REKORDS tydens die NW-Interhoër 2023 !!!
- Mianke van der Merwe breek die dogters o. 16-400m-hekkiesrekord met ‘n tyd van 1:03.04
- Antonel de Villiers breek die dogters o. 15-90m-hekkiesrekord met ‘n tyd van 13.39.
- Rulene Nieuwenhuizen breek die dogters o. 19-hoogspringrekord met ‘n hoogte van 1,55m.
- Niko Sibiya breek die seuns o. 17-3000m-rekord met ‘n tyd van 09:53.36.
- Dian Nienaber breek die rekord vir seuns o. 17-3000m met ‘n tyd van 09:43.74.
- Jessica van Heerden breek die dogters o. 19-400m-rekord met ‘n tyd van 0.55.81
- Elzé Engelbrecht breek die dogters o. 15-diskusrekord met ‘n afstad van 41,96m
- Liandri de Wet breek die dogters o. 17-diskusrekord met ‘n afstand van 47,27m
- Marné Botha breek die dogters o. 17-spiesgooirekord met ‘n afstand van 46,73m
Antonel de Villiers breek die dogters o. 15-90m-hekkiesrekord met ‘n tyd van 13.39
Dian Nienaber breek die rekord vir seuns o. 17-3000m met ‘n tyd van 09_43.74
Elzé Engelbrecht breek die dogters o. 15-diskusrekord met ‘n afstand van 41,96m
Henco Pieterse verteenwoordig die Rustie-atletiekseuns wat algeheel 1ste gekom het tydens die NW-Interhoёr
Jessica van Heerden breek die dogters o. 19-400m-rekord met ‘n tyd van 0.55.81
Liandri de Wet breek die dogters o. 17-diskusrekord met ‘n afstand van 47,27m en word aangewys as die beste veldatleet
Marné Botha breek die dogters o. 17-spiesgooirekord met ‘n afstand van 46,73m
Mianke van der Merwe breek die dogters o. 16-400m-hekkiesrekord met ‘n tyd van 1 03.04
Niko Sibiya breek die seuns o. 17-3000m-rekord met ‘n tyd van 09 53.36
Rulene Nieuwenhuizen breek die dogters o. 19-hoogspringrekord met ‘n hoogte van 1,55m
Simoné Henning vaar uitstekend tydens die Noordwes-skolekampioenskap te Potchefstroom.
Aflosbyeenkoms
Die Rusties kraai koning met ‘n algehele 1ste plek tydens die aflosbyeenkoms wat deur Laerskool David Brink aangebied is! Ons is in ekstase oor ons Rustie-atlete wat vir niks terugstaan nie! Die Rusties ontvang ook vandag hul atletiekopwarmingshempies van ons hoofatletiekborg, Chas Everitt.
UJ top-15-atletiekbyeenkoms te Hoërskool Noordheuwel
Die Rustie-atlete vaar skitterend tydens die UJ top-15-atletiekbyeenkoms te Hoërskool Noordheuwel. Die Rusties eindig algeheel 6de in afdeling A uit 33 skole. ‘n Ongelooflike prestasie waarop die Rusties trots is!










